Ons wil julle hartlik verwelkom by Sonskynhoekie Kleuterskool.  Baie dankie dat u as ouer en kind deel is van ons skool.  Dit is werklik ons strewe om u kind toe te rus vir die wonder van die lewe.

Ons wil vir u kind 'n leerplek, speelplek, lekkerplek skep met baie mooi herinneringe, om te koester vir die res van sy/haar lewe.

Missie:
Sonskynhoekie Kleuterskool se maatstaf is die Bybel.  Ons wil waarde tot u kind se lewe toevoeg deur gebruik te maak van 'n Christelike geintigreerde Onderwysprogram wat deur bekwame, passievolle onderwysers aangebied word.

Waardes:
Christenskap - Die woord van God is die riglyn vir al ons aanbiedinge.  Ons wil 'n vroeŽ Christelike fondasie by u kind vestig, ten einde hom/haar toe te rus vir die uitdaging van die lewe.

Respek - elke Kind, ouer en personeellid sal met die nodige agting en respek behandel word.

Eenheid in diversiteit - ongeag die verskille in geslag, kultuur,ras en taal, sal almal wat deel is van ons skool altyd met die hoogste agting hanteer word.  Ons wil hande vat oor al die grense heen en elkeen toelaat om 'n unieke bydrae te lewer.

Verantwoordelikheid - Ons is verantwoordelik in ons optrede en sien om na die welstand en veiligheid van u kind.

Spreuke 16:9 - "'n Mens beplan sy pad, maar die Here bepaal hoe hy loop"

 
   
   
 
   

Tuisblad | Oor Ons | Galery | Nuusbrief | Personeel | Beheerliggaam | Kontak Ons

 
 

This website designed and maintained by GSD Potch - The WEB people... - www.gsdpotch.com


We recommend that you view this website with: MS IE 7+ or Google Chrome 1.0 or Mozilla 4.0